Linebooker is die Uber vir logistiek en vervoerbedryf

Linebooker is die Uber vir logistiek en vervoerbedryf
// Landbou.com

Linebooker is ’n sentrale koördineringsplatform vir vervoer en logistiek in Suid-Afrika. Mnr. Naudé Rademan, uitvoerende hoof, vertel meer oor dié platform.
Wat is Linebooker?
Linebooker is ’n aanlyn logistieke platform waar kliënte wat goedere wil skuif, in kontak gebring word met vervoerders wat leë vragmotors het. Alles deur ’n klik op Linebooker.com. Nie net word vraag en aanbod bymekaar gebring nie, maar Linebooker bemiddel en neem verantwoordelikheid vir die hele proses, van die beste prysbedinging, laai en aflaai, betalings en versekering, alles deursigtig op die platform. Ons bedryfspan kommunikeer deurlopend met die kliënt en die vervoerder om seker te maak dat die proses so vlot as moontlik verloop. Met ’n vloot van meer as 13 000 vragmotors, wat hoofsaaklik uit vragmotors met gordynkante, platbakke en toe bakke, en verkoelingsvragmotors bestaan, skuif ons kliënte se vragte met gemak.
Honderde Suid-Afrikaanse ondernemings het die afgelope twee jaar hul vervoerbedrywighede geskuif na die Linebooker-platform. Hoekom dink jy het dit so vinnig gebeur?
Ons het altyd geglo dat ’n eenvoudige oplossing nodig is – soos Uber, Airbnb, Takealot en Amazon — vir die vervoerbedryf. Daarom het ons ’n sentrale koördineringsplatform geskep wat alles vereenvoudig. Kliënte kan binne minute by Linebooker aansluit en transaksies doen. Dit lei tot groot besparings vir talle kliënte. Ons glo dat die gebruiksgemak van die platform, asook die besparings die grootste dryfveer vir die huidige groei is. Ons bedien tans meer as 270 kliënte – megaboere, landboubesighede en boerderye, myne, groot korporatiewe besighede en private ondernemings, groot en klein – met vragmotors van meer as 320 top-vervoerondernemings in Suid-Afrika én Suider-Afrika.
Met die verdere belegging deur dr. Patrice Motsepe se African Rainbow Capital en vennote in September 2020 kan ons die platform nou verder verbeter en die netwerk uitbrei.
Hoekom Linebooker?
Linebooker-tegnologie is gebou om kommunikasie en bedryfskoördinasie tussen kliënte en vervoerders te vereenvoudig deur dit so doeltreffend moontlik te maak. Kliënte kan kies om die Linebooker-platform te gebruik om vragte en vragmotors met hul huidige diensverskaffers te koördineer en te bestuur, wat tot ’n 30%-besparing in werksure vir hul logistieke spanne kan lei. Buiten die besparing op werksure maak dit die kommunikasieproses ook doeltreffender.
Die meeste maatskappye wat nie die Linebooker-platform gebruik nie, moet tradisioneel kommunikeer met, byvoorbeeld, twee tot ses vervoerondernemings. Linebooker gee kliënte onmiddellike toegang tot meer as 320!
“Verandering is nooit maklik nie, maar as gekyk word na die voortdurende frustrasies wat die bestuur van vervoer in alle besighede veroorsaak, kan die voordeel van die gebruik van slimtegnologie net nie meer geïgnoreer word nie. “ – Naudé Rademan, uitvoerende hoof van Linebooker.
Baie ure se frustrerende kommunikasie met vervoerondernemings word vervang deur Linebooker se tegnologie, wat binne 30 minute toegang tot duisende vragmotors teen die beste prys moontlik maak. Asof die gerief en toeganklikheid nie die platform klaar aantreklik genoeg maak vir kliënte nie, gee die platform klein ondernemings dieselfde bedingingsmag as groot ondernemings.
Die Linebooker-platform is op twee modelle gegrond, naamlik toewysing aan jou eie diensverskaffers en ons opemark-bodplatform.
Die toewysingsmodel geld wanneer kliënte die platform gebruik om vragte en vragmotors met hul huidige diensverskaffers te koördineer teen hul vaste, ooreengekome tariewe.
Op die opemark-bodplatform kry kliënte onmiddellike toegang kry tot die meeste ander Suider-Afrikaanse diensverskaffers, wat nie jou huidige diensverskaffers insluit nie. Hierdie opsie bied ekstra aanbod en/of beter tariewe. Linebooker neem verantwoordelikheid vir die betalings, versekering en bedryfsdiens met ’n bedryfspan wat 24/7 beskikbaar is.
Die seisoenale beskikbaarheid van vragnotors is ‘n groot kwelling vir beorderye en vervoermaatskappye. Hoe hanteer Linebooker hierdie kwessie?
Dit is ’n probleem waarmee die meeste ondernemings wêreldwyd sit, en dit veroorsaak groot spanning. Die meeste kliënte betaal hul huidige diensverskaffers ’n premie gedurende die lae seisoen met die vertroue dat hulle gedurende die besige seisoen geholpe gaan wees. Dit is dus te verstane dat kliënte ontsteld is as vragmotors nie gedurende die hoogseisoen beskikbaar is nie.
Totale deursigtigheid is een van ons sleutelwaardes. Uit ervaring in die bedryf bestaan daar nie iets soos 100% gewaarborgde aanbod tydens seisoenale spitstye nie, selfs al word dit belowe. Die beste oplossing is om deursigtig te wees en saam met die kliënt vir bottelnekke te beplan.
Gedurende die besige seisoen van 2020 het ons ’n toename gesien in nuwe kliënte. Aangesien hulle nie voertuie van hul huidige verskaffers kon bekom nie, het hulle hulle na die Linebooker-netwerk gewend het om in die vraag te voorsien.
Hoe werk Linebooker en hoe sluit potensiële kliënte aan?
- Kliënte kan dadelik toegang tot die Linebooker-bodplatform verkry deur op die Linebooker-webwerf by www.linebooker.com te registreer. Verskaf jou besonderhede en jy kan dadelik ’n vrag publiseer en die stelsel toets.
- Die proses verloop in die volgende volgorde: Beplan ’n vrag, publiseer die vrag, vervoerders plaas mededingende botte op die vrag, aanvaar ’n bod, die vervoerder laai die vrag en laai die bewys van aflewering op die platform.
- Daar is geen verpligting om die vrag te aanvaar sodra die bod gesluit is nie. Jy sal dadelik ’n gevoel vir die proses en waarde van die stelsel kry. As die vrag aanvaar word, sal Linebooker die uitvoering, risiko’s en betalings namens die kliënt behartig.
Wat is potensiële kliënte se grootste bekommernisse?
Potensiële kliënte neem soms aan dat Linebooker nog ’n vervoermaatskappy of logistieke diensverskaffer is. Hulle is bekommerd dat hulle hul langtermynverhoudings met huidige diensverskaffers vernietig deur hul besigheid na Linebooker te skuif, maar juis nie.
Kliënte bestuur slegs hul vervoerbenodigdhede en verhoudings met diensverskaffers deursigtig en doeltreffend deur die Linebooker-platform met die voordeel van vinnige toegang tot ’n verdere meer as 320 vervoerders. Nie net gaan jy as kliënt voordeel trek nie, maar jou diensverskaffer ook omdat hy ook toegang gaan kry tot nuwe potensiële kliënte se besigheid. Om jou huidige vervoerbedrywighede na Linebooker toe te skuif, registreer op www.linebooker.com of stuur ’n e-pos na info@linebooker.com.
Published by Landbou.com: www.netwerk24.com/landbou/Promosies/linebooker-is-die-uber-vir-logistiek-en-vervoerbedryf-20210218
More in the news
South Africa’s Linebooker: Leading the way in transport tech
In thenews// BizNews.comLinebooker has revolutionised logistics, delivering significant cost savings and operational efficiency while positioning itself for potential global expansion. Linebooker has emerged as a game-changer in the logistics industry, delivering...
Linebooker: Streamlining transport for its JSE Top 40 clients
In thenews// News24.comThe digital era has ushered in a wave of innovation that has revolutionised the way we conduct business, communicate, and interact with the world around us. One of the most remarkable facets of this transformation is the emergence of platforms....
Linebooker simplifies complex logistics for its JSE Top 40 clients
In thenews// BizNews.comThe digital era has ushered in a wave of innovation that has revolutionised the way we conduct business, communicate, and interact with the world around us. One of the most remarkable facets of this transformation is the emergence of platforms....
Linebooker’s Rademan: Red flags everywhere in SA’s road freight sector as Transnet crisis bites
In thenews// BizNews.comCEO of Linebooker, Naude Rademan, discloses that in some sectors the rail crisis at Transnet has led to a trebling in transporting of goods by road. This has had a severe impact on border posts, hubs like Richard’s Bay, ports generally and...
Linebooker: Transforming logistics landscape premier Freight Market Control Tower
In thenews// News24.comRevolutionising freight management in South Africa with Linebooker Linebooker stands as Africa’s pinnacle in freight platforms, uniquely positioned as the quintessential Freight Market Control Tower in South Africa. With robust connections to...
Motsepe’s ARC ups investment in freight industry as Transnet falters
In thenews// Business LiveAfrican Rainbow Capital (ARC) Investment, the investment holding founded by Patrice Motsepe, has increased its exposure in online freight platform Linebooker and provided further outlay, as the upstart continues to grow market share while...
Linebooker: Reimagining transport procurement, service delivery, truck supply, and savings
In thenews// News24.comIrrespective of a customer’s size, budget, or industry, maintaining a modern transport platform strategy that prioritises high-quality service and delivers cost savings exceeding 11% is essential to stay competitive in today’s market. Customers...

Contact number: 021 201 6969
Email: info@linebooker.com
Address: Farm 1, Ground Floor, Building C, The Vineyards Office Estate, 99 Jip De Jager Dr, de Bron, Cape Town, 7530
Linebooker (Pty) Ltd – Johannesburg Office
Contact number: 021 201 6969
Email: info@linebooker.com
Address: 20 Rosebank Road, Rosebank, Johannesburg